
=====================================================================
Europa eis kennis van tale (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Europa eis kennis van tale

Hans Ester bespreek die probleme wat die globaliseringsproses vir 'n taal soos Nederlands veroorsaak.

Hoe gaan die inwoners van die verenigende Europa in die 21ste eeu met mekaar kommunikeer?

Het die moderne internasionale Engelstalige jeugkultuur met sterre soos Britney Spears en die Backstreet Boys so 'n sterk invloed op die 
gedrag en die taal van die Europese jong generasie dat Nore, Portugese, Lette en Oostenrykers mekaar gemaklik in Engels kan vind?

'n Wesenlike ontwikkeling in Nederland is die geweldige status wat Engels verwerf het. Dit verhoog deesdae die sosiale prestige van die 
spreker wanneer hy/sy af en toe 'n Engelse woord kan inlas. Dat 'n woord soos "privacy" dan verkeerd uitgespreek word, kwel niemand nie.

Dit lyk boonop of Engels 'n opvallende voorsprong het: die onnoselste en mees clich-agtige Nederlandse geskrifte kry in 'n vertaling na 
Engels 'n varsheid en fleurigheid. Skelwoorde klink in Engels nie so kru as in Nederlands nie en word deur tydgenote aanvaar. Die 
omgekeerde werk nie. Die Engelse woord het 'n magiese klank. 'n Woord soos "lonely" laat die Nederlandse jeug swymel.

Die akademiese wreld beland al hoe meer onder die heerskappy van Engels. Die opening van die akademiese jaar op 4 September aan die 
Universiteit van Nijmegen het in Engels plaasgevind. Selfs die uitnodigings was in Engels.

Iemand wat in hierdie tyd geen kennis van Engels het nie, kan geen essensile diskussie van politieke en ekonomiese aard volg (om nie eens 
te praat van 'n stewige bydrae lewer) nie, omdat hy/sy eenvoudig wat taal betref, nie daartoe toegerus sal wees nie.

Die lys van Engelse modewoorde is eindeloos: targets, spin-off, resistance to change, resource mangement ensovoort. Die 
personeeladvertensies in die tydskrif Intermediair span die kroon. Hier struikel 'n mens oor young executive, recruitment, fellowship, 
consultancy, traineeships 

Antwoorde op die vraag na die wenslikheid van interne taalveranderings en verskuiwings na Engels hang van 'n definisie van kultuur en van 
interkulturele kommunikasie af. Daar is immers meer in die hemel en op aarde as waarvan die eindeloos nagebootste liedjies van Cline Dion 
en haar Amerikaanse makkers (en hul Nederlandse agente) ons wil oortuig. Nietemin sou 'n gedeelde kulturele agtergrond vir die Europese 
jeug 'n beginpunt van waardevolle kommunikasie kon wees.

Tog is daar vraagtekens by die feitelike inhoud van die jeugkultuur en sy vermo om te verbroeder. In die meesleurende stroom van die 
Amerikaans oorheerste musiekkultuur en die huispartytjies is almal boesemvriende, maar daar is weinig diepte. Net enkelinge verstaan die 
kwalik oorspronklike lirieke en die liedjies is dus nie die weg na 'n beter beheersing van Engels nie. Toe ek studente gevra het wat die 
groep "Dire Straits" se naam eintlik beteken, kon niemand antwoord nie. Dat Cher jou 'n trappie nader aan Shakespeare kan bring, is 'n 
illusie.

'n Nog groter waan waarin Europa tans verkeer, is dat sy groeiende ekonomiese integrasie 'n proses is wat outomaties plaasvind en dat die 
tale wat daarby betrokke is, met dieselfde pas saamhuppel. Dis gevaarlik, want eers n verloop van jare gaan blyk dat noodsaaklike 
maatrels nagelaat is wat tale op 'n aanvaarbare vlak in stand moes hou. Nou al word paaie betree waarop nie omgedraai kan word nie.
---------------------------------------------------------------------

Behalwe die tersire studierigting Franse Taal en Letterkunde gaan Frans vinnig uit die akademiese onderwys in Nederland verdwyn. Geen 
dosent in filosofie sal oor tien jaar daaraan dink om studente Jean-Paul Sartre of Gabriel Marcel in Frans te laat lees nie. In die 
Stadionweg van Amsterdam, vlak by die huis van Elisabeth Eybers, is 'n skoenwinkel met die naam "Chaussures modernes". Ouderwetser kan dit 
nie en ek vrees vir die toekoms van di winkel met die stowwerige letters teen sy gewel.

Tot in die sewentigerjare is in die taleonderwys sterk klem geplaas op die kennis van 'n vreemde taal se struktuur (grammatika, sinsleer) 
en op die vermo om lastige tekste, soos di van Lessing, Voltaire, Shelley, uit die oorspronklike taal in Nederlands te kan vertaal. 
Taalbeheersing het gepaard gegaan met kennis van die kultuur. Daarna is tereg 'n dringende behoefte ervaar om 'n taal vlot te kan praat en 
dit het uiteindelik  gesteun deur die tegniese moontlikhede  die ontleding van tale verdring. Of leerders nou n hul eindeksamen die 
vreemde taal juis beter kan praat, is jammer genoeg te betwyfel. Met die nuwe taalonderwys gaan 'n sekere mate van kinderagtigheid gepaard 
 leerders moet byvoorbeeld grappige tekenprent-verhaaltjies aanvul.

Die literatuur se toekoms bly steeds 'n bron van bekommernis. Deesdae is dit soveel makliker om uittreksels uit literre werke of opstelle 
oor literatuur van die internet af te laai. Wie gaan die versoeking weerstaan?

Die nuwe taalonderwys het nie die verleentheid uit die weg geruim dat Nederlandssprekers 'n ander taal as Nederlands kwalik op 'n mooi 
manier kan praat nie. Meer as ooit is dit kenmerkend van Nederlanders dat hulle nie Duits of Frans vrylik gebruik nie. Om Frans en Duits te 
praat is vir die Nederlander in 2000 nie meer beskore nie. By Duits kom boonop die kompliserende faktor dat 'n Nederlander nie vir 'n 
Duitser aangesien wil word nie.

Die gevolg van taalluiheid en van 'n verkeerde ingesteldheid is dat bitter min Nederlanders 'n moderne vreemde taal tot in die fynste 
besonderhede beheers. In die media is hierdie gebrek daagliks te lees en te hoor. In Nederlandse dagblaaie word Duits altyd foutief 
weergegee. Sulke foute laat jy jou nie in Engels toe nie. Engels het vanwe die skynbare gemak waarmee die populre kultuur in die taal 
toeganklik is, 'n baie laer of selfs geen drumpel nie.

Wanneer die ontwikkeling van die vermindering van talekennnis voortgaan en alle heil van Engels as die lingua franca van Europa verwag 
word, haal Nederland hom as deel van Europa groot probleme op die hals. Dit geld miskien nie die omvattende gebied van die inligtings- en 
die IT-tegnologie nie. Hierdie freaks vind 'n enkele woord in hul incrowd-taal voldoende om die regte knop te kan druk en hulle in die 
chatbox te kan begewe. Maar kultuur en kommunikasie is meer as die verwelkoming op 'n kille webwerf. Dit beteken dat ons as sprekers die 
historiese dimensie van die vreemde taal en van die vreemde kultuur moet leer ontdek. Dit is altyd 'n moeisame, maar ook 'n uiters 
bevredigende proses.
---------------------------------------------------------------------

Nederland maak op buitelanders die indruk van selfgenoegsaamheid. Waarom sou ons nie tevrede wees nie? Die ekonomie snor tevrede voort. 
Maar tevredenheid word deur toewyding en moeite voorafgegaan. Ons het geen reg om op ons louere te rus wat die moderne vreemde tale van 
Euopa betref nie. Vir die toekoms van Europa is die ryke ekologie op taalgebied onmisbaar.

Ek vra my ook nou af waarom ek "targets" moet gebruik, wanneer ek "doelen" bedoel. Is dit nie pure armoede (en statusverblinding) dat 
Nederlandstaliges die voorkeur gee aan 'n woord uit Engels bo die alternatief uit die eie taal nie? Dit sou al baie help as die redaksies 
van koerante en tydskrifte hulle sou voorneem om die incrowd-taal te vermy.

Taal berus in 'n groot mate op onbewus toegepaste rels. Ons as Nederlandstaliges kan gerus ophou om ons taalontwikkeling aan die invisible 
hand van die Anglo-Amerikaanse kultuur oor te laat, maar afspreek om bepaalde outentieke Nederlandse woorde so knaend te gebruik dat dit 
nie meer uit die omgang weg te dink is nie. Dan bly Happy New Year op 'n veilige afstand. Dr. Hans Ester is die voorsitter van die Suid-
Afrikaanse Instituut in Amsterdam.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7419.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

